UITVOERENDE KOMITEE

Tydens die algemene jaarvergadering van die Midbrak Belasting­betalersvereniging soos gehou op 21 Desember 2009, is die Uitvoerende Komitee, asook verdere koöptasie soos volg saamgestel:

TERGNIETHOOGTE

  • George Nezar, 044 696 6421 – Voorsitter

TERGNIET

  • Johann Muller, 044 620 4120
  • Coen Strydom, 044 620 4964

REEBOKHOOGTE

  • Frik Nel, 044 696 5947

REEBOKRIF

  • Buks Pieterse, 082 468 7015
  • At Fourie, 044 696 6744

REEBOK

  • Piet du Plessis, 044 696 6692
  •  Johan Visser, 044 696 6784

RIVERSIDE

  • Vakant

KLEIN-BRAKRIVIER

  • Charl de Wet, 044 696 6446
  • Pieter le Roux, 044 696 6112

FRAAIUITSIG

  • Charl Coetzer, 044 696 5927 – Onder-voorsitter
  • Martin Smith, 044 696 6617 – Notules
  • Dorothy Barnard, 044 620 4399 – Sekretaris en Tesourier

DOELSTELLINGS VAN DIE VERENIGING

  • Om die belange van eienaars en inwoners van die Midbrakgebied te beskerm, binne die raamwerk van bestaande regulasies en wette wat deur plaaslike en provinsiale owerhede gemaak word.
  • Om ‘n aktiewe belangstelling van die inwoners in die bestuur van die Midbrakgebied aan te moedig.
  • Om met ander plaaslike besture of verenigings te skakel in die beste belang van die Midbrakgebied.

VORDERINGSVERSLAG

1.       Opgradering van Kusweg

Impakstudies is gedoen en kontrakteur is nou aangestel om met herbouing te begin.

2.      Powertown

Geen nuwe inligting is beskikbaar nie aangesien daar gewag word op die Ontwikkelaar om met bouwerk te begin aangesien alle goedkeurings van owerheidswee deur hulle ontvang is.

3.       Kragonderbrekings

Opgradering van ou lyne is gedoen.  Minder onderbrekings kom voor.

4.       Rioleringsprojek

Die geskatte waarde van die projek beloop ongeveer R400 miljoen. Konsultante is reeds getaak om planne aan die Munisipaliteit voor te lê.  Baie inwoners blyk egter gekant te wees teen die projek vanweë die bykomende koste van ongeveer R169 per maand op hierdie stadium.   Indien die projek egter goedgekeur word, sal die afhandeling daarvan oor etlike jare geskied.  Daar is tans nie voorsiening hiervoor in die kapitaal begroting gemaak nie.

5.       I & J Visplaas

Geen finaliteit is nog bereik nie.  Die Munisipaliteit het appél aangeteken en die is nog hangende.

6.       Herstel van strand by Klein-Brakrivier

Herstelwerk is afgehandel.

7.       Trappe na strande

          Word op deurlopende basis gemonitor en deurgegee aan die Munisipaliteit waar herstelwerk nodig is.

Polisiëring / Misdaad

Volgend die jongste misdaadstatistiek het misdaad in die Midbrakgebied met 50% afgeneem.  Statistiek sluit huisinbraak, diefstal (motors en gewoon), aanranding en dwelms in.

Inwoners word versoek om die aanklagkantoor van die polisie in Groot-Brakrivier enige tyd van die dag/nag oor probleme te bel.  Kontaknommers: 044 620 2206 / 3361.

Eienaars word versoek om ernstig aandag te gee aan elkeen se unieke veiligheidsituasie.

NUWE PROJEKTE

1.       Opgradering van R102

‘n Vergadering is gehou met o/a Minister Gerrit van Rensburg om ook dringend hierdie lank voortslepende probleem aan te spreek.

2.       Rampbestuur

Die Midbrak Belastingbetalersvereniging is tans besig om as ‘n ramp­verligtingsorganisasie by die Eden Rampbestuur in te skakel.

Vrywilligers/belangstellendes kan Charl Coetzer by 044 696 5927 skakel.

WATER BESKIKBAARHEID

Aksies deur Mosselbaai Munisipaliteit geneem is onder andere:

  • Waterbeperkings (15 kl)
  • Ontsoutingsprojek
  • Tru-osmose
  • Boorgate

Die Komitee wens hul dank uit te spreek teenoor inwoners vir groot besparing wat gerealiseer het en versoek lede dat besparingsaksies sal voortduur.

ASPEKTE WAT DEURLOPEND AANDAG GENIET

  • Aanteken van besware (sonerings, nuwe ontwikkelings, ens.)
  • Vullisverwydering
  • Trappe na die see (herstel, instandhouding en oopsny)
  • Sypaadjies in die hele Midbrakgebied
  • Herstel van gate asook herseel van strate
  • Waarskuwings- en inligtingsborde
  • Verkeerstekens en spoedhobbels
  • Spoedbeperkings / monitering
  • Ontbrekende straatname
  • Oprig van onaanvaarbare strukture
  • Skoonmaak van erwe, ens

BEWAREA

Die bewarings-inisiatiewe vir die Midbrak gebied is stelselmatig weer besig om in plek te kom, dit het nie verlore gegaan die afgelope jare nie, maar dit wat ons met die oog verwag het was versluier in die pogings en harde werk van die vorige komitee wat voltyds besig was om teen die Visplaas van I&J, die Gas-aflaaipunt (LNG) van PetroSA in Voorbaai te protesteer.

Tans is die komitee betrokke met ander rolspelers in die daarstelling van ‘n herstel- en bewaringsplan vir die Kleinbrak Estuarium waar die konsep plan vir voorlegging beskikbaar sal wees, hopenlik in November2010.

Die gevoel is dat die goedkeuring van toekomstige ontwikkelings in ons gebied gestaak moet word. Ons gebied is besig om oorbebou te word en die verlies van Fauna en Flora gaan heeltemal verlore. Ons kan nie bekostig om tevrede te wees met die paar erwe in die gebied as groen gebiede nie. Om hierdie doel te verseker is dit noodsaaklik dat groot oop gedeeltes soos erf 271 en 928, oorgedra word aan die gemeenskap as bewaringsgebiede.

Die broeiseisoen van ons Tarentale is op hande, die Kiewiete en Dikkoppies het omtrent verdwyn.  Ons probleem is die talle rondloper-katte, selfs tot al in die duinegebied van Kusweg.  Help ons om ontslae te raak van hierdie katprobleem.  Die Tobies op die strand tel ongeveer 40 en honde op die strand is die grootste probleem in die bewaringsproses van hierdie voëls.  Kom ons steek ons nek uit en praat met mense op die strand wat honde saambring.  Honde word verbied op die strand.  Kom ons staan ons man en spreek hierdie probleem aan.

Mense wat belangstel om aktief by die Bewarea betrokke te raak kan gerus vir Buks Pieterse skakel by 082 468 7015.

LIDMAATSKAP EN LEDEGELD

Alle eiendom eienaars wat hulle belasting ten volle betaal het, kwalifiseer vir lidmaatskap.  Ledegeld bedra R30 per jaar en is jaarliks betaalbaar.  U lidmaatskap versterk ons hand en sal hoog op prys gestel word.

Indien u nog nie u ledegeld vir 2010 betaal het nie, of indien u sou belangstel om by die Vereniging aan te sluit, kan u die aange­hegte strokie daarvoor gebruik.

Lede wat verkies om ledegeld elektronies oor te betaal moet asseblief die depositostrokie tesame met die aangehegte skeurstrokie faks aan:  086 666 1950.

ALGEMENE JAARVERGADERING

Sal plaasvind op Maandag, 20 Desember 2010 om 10:00 in die Reebok­gemeenskapsaal.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.